VOLLE EVANGELIE KERK

MEER OOR ONS

GESKIEDENIS

1975 tot 2025

​Standplaas 200, Komatipoort dorp T 911/200 is in die naam van die

Volle Evangelie Kerk geregistreer op 19/09/1974 onder Titelakte 34841.
Op 8 September 1975 word daar by die Oos-Transvaal Distriksraad algemeen

aanvaar dat Lydenburg gemeente beskou kan word as ‘n gekonstitueerde

gemeente.


Junie 1975-30 April 1976                                   – Past TH Sinden
1976-1978                                                            – Past G Venter
5 Junie1978-30 November 1980                     – Br W Schempers
24 Mei 1982-Desember 1982                           – Past PC van Rensburg
1 November 1982 – 1 November 1983           – Past L Briedenheim
12 April 1986 is gemeente onder Middelburg geplaas vir hervestiging.
 Past Chris Greeff is in beheer van gemeente geplaas.
Hy het oorgekom met ‘n paar gesinne van die PPK.
 
1 Desember 1988-21 April 1991                     – Past W van der Merwe
7 Julie 1991-Mei 1994                                      – Past GG Bruwer

  • Verkry toestemming om nuwe kerk te bou op 26 Oktober 1992
1994 – 14 November 1995                             – Past W Fourie
  • Bou van Pastorie
15 Januarie 1996 – 31 Julie 2008                 – Past W Olivier
  • Bou van Kerksaal
Oktober 2008 – Huidig                                  – Past Andre Hanekom

1975

2025

GELOOFS BELYDENIS

- Die Goddelike inspirasie van die Bybel, die Heilige Skrif
- Een God, ewigdurend bestaande in drie persone nl. Vader, Seun en Heilige Gees
- Die Here Jesus Christus, die Eniggebore Seun van die Vader, wat ontvang is van die Heilige Gees, gebore uit die maagd Maria,
   gekruisig en begrawe is, wat opgestaan het uit die dode, opgeneem is na die Hemel en nou aan die regterhand  van die Vader as
   Middelaar sit.
- Die Duiwel of Satan: ‘n werklike persoon; oorspronklik ‘n geskape wese wat as gevolg van sy oortreding uit die
   teenwoordigheid van God verwerp is en nou die vyand van God en mens en elke ware gelowige is
- Sonde: die val van die mens en sy verlore toestand van nature
- Bekering tot God
- Wedergeboorte of die Nuwe Lewe en die doop van die gelowiges deur die Heilige Gees in die Liggaam van Christus
- Versoening tussen God en mens
- Verlossing deur die bloed van Christus
- Regverdigmaking deur geloof in die Here Jesus Christus
- Waterdoop van die gelowige deur enkelvoudige onderdompeling
- Restitusie
- Die gelowige se belydenis van sonde
- Heiligmaking en heiligheid
- Die inwoning deur die Heilige Gees in die gelowige
- Die doop van die gelowige in die Heilige Gees en dieaandoening van krag vir getuienis en diens deur die verrese verheerlikte
   Christus, as belofte van die Vader
- Die uiterlike teken van spraak in ander tale soos die Heilige Gees gee om uit te spreek, as aanvanklike Skriftuurlike bewys van die
   gelowige se doop in die Heilige Gees
- Die negevoudige vrug van die Heilige Gees in die lewe van die wedergebore gelowige
- Die negevoudige openbaring van die Heilige Gees en die volle charismatiese toerusting van die gelowige met geestelike gawes
   vir diens
- Skriftuurlike genesing van die liggaam deur Goddelike krag
- Die Avondmaal of Nagmaal
- Die kerk as die uitverkore gemeenskap van wedergebore gelowiges in die Here Jesus Christus
- Die persoonlike wederkoms van die Here Jesus Christus om Sy opgewekte en verheerlikte Kerk in die lug te ontmoet.
- Die groot verdrukking aan die einde van hierdie tydsbedeling
- Die duisendjarige vrederyk van die Here Jesus Christus onmiddelik na die groot verdrukking
- Die Nuwe Hemel en Nuwe Aarde waarin geregtigheid woon
- Die ewige straf van die goddelose